LYNX/SAJWV Presidentskietkompetisie 2018

Die Lynx Optics/SAJWV Presidentskietkompetisie is op 15 September 2018 baie suksesvol aangebied deur die Valschrivier tak op die Elandsrand skietbaan ongeveer 12 km suidwes van Kroonstad op die pad na Henneman.

Vrydag was daar geleentheid vir skuts om op die Elandsrand skietbaan in te skiet op 100 tot 300 m afstande in goed georganiseerde aflossings onder toesig van baanoffisiere. Die wind het gedurende die dag toenemend sterker begin waai en teen 15h00 het dit by tye tot 30 km/u bereik en niks goed voorspel vir die volgende dag se kompetisie nie. Saterdag was daar aanvanklik baie min wind maar dit het toenemend begin sterker raak soos die dag gevorder het. Dit was ‘n warm dag en vroegoggend het die lugspieëling (“mirage”) al ‘n rol begin speel.

Baie geluk en baie dankie Jaap Erasmus (voorsitter) en die span wat hom bygestaan het van die Valschrivier tak, vir hulle gasvryheid, aandag aan detail, vriendelike administratiewe personeel en die afsluiting met ‘n heerlike ete en prysuitdeling – dit was besonders! Die baanoffisiere onder leiding van hoofbaanoffisier, Basie Berg (Vise President: Jagsake) het op sy teen nou bekende gemaklike manier verseker dat alles glad verloop op die skietbaan in terme van dissipline en veiligheid.

Die Presidentskietkompetisie op streek- en nasionale vlak is vanjaar vir die vierde keer geskiet met 3 ekstra skote uit die vryhand sitposisie op 100m vir die Vlakte skietoefening en 3 ekstra snapskote op 50m vir die Bosveldskietoefening (vir ‘n totaal van 24 skote vir die kompetisie). Hierdie vryhand skote is duidelik nie meer so ‘n groot faktor soos in die verlede nie aangesien 63 skuts vir die nasionale Platinum toekenning gekwalifiseer het.  

Baie geluk aan die wenners van die verskillende klasse:

Ope klas en kampioenskut: Gideon Scheepers – Bloemfontein tak
Dames klas: Yvette Aggenbach – Suikerbosrand tak
Senior Klas: Hennie de Beer – Duiker tak
Junior Klas: Herman Nieuwoudt – Bloemfontein tak

Baie dankie aan Lynx Optics wat die dag geborg het met R50 000 se geskenk-bewyse aan die plekwenners in die vier klasse!


Ope klas: v.l.n.r. VP:Skietsake: André van Heerden doen die oorhandiging, NJ Lotter (3 de), G Scheepers (1 ste), WF van der Ryst (2 de)



Juniors: VP:Skietsake: André van Heerden doen die oorhandiging, M van der Merwe (2de), X Bailey (3 de), Herman Nieuwoudt (1 ste) afwesig tydens die neem van die foto



Dames: v.l.n.r. VP:Skietsake: André van Heerden doen die oorhandiging, Y Aggenbach (1 ste), M Laing (2 de), TM Boshoff (3 de) afwesig tydens die neem van die foto



Seniors: v.l.n.r. VP:Skietsake: André van Heerden doen die oorhandiging, EJD Genis (3 de),
HS de Beer (1 ste), RC du Preez (2 de)


Xander Bailey (12 jaar) besig met sy Platinum telling, ongelooflik!

Vir volledige resultate sien onderstaande dokumente

Filename Size Date
An Adobe Acrobat file 1-Nat Pres shoot Open class 60.48 KB 2018-09-21
An Adobe Acrobat file 2-Nat Pres shoot 2018 Platinum 46.69 KB 2018-09-21
An Adobe Acrobat file 3-Nat Pres shoot 2018 - Ladies 37.87 KB 2018-09-21
An Adobe Acrobat file 4- Nat Pres shoot 2018 Juniors 37.35 KB 2018-09-21
An Adobe Acrobat file 5- Nat Pres shoot 2018 Seniors 37.11 KB 2018-09-21

  • Last modified on Friday, 21 September 2018 20:13
  • font size
Andre van der Merwe

André van der Merwe is die Bestuurder: Tak-  en Skietsake van die SAJWV

André is ‘n entoesiastiese jagter en sportskut wat gereeld deelneem aan die SAJWV se sportskietaktiwiteite op tak-, streek- en nasionale vlak.

Vir navrae oor Tak-en Skietsake en artikels waarvan hy die outeur is op die SAJWV webwerf, kan aan hom geskryf word by andrevdm@sahunt.co.za 

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za