• President se Kersboodskap 2018

    President se Kersboodskap 2018

    So kom ons aan die einde van nog ʼn jaar; ʼn taamlike “deurmekaar jaar”. `n Jaar waarin die konstitusionele hof `n ietwat Read More
  • President's Christmas Message 2018

    President's Christmas Message 2018

    We are at the end of yet another year; it was quite a chaotic year. It was a year in which the Read More
  • ZEISS/SAJWV Intertak Ghongskietkompetisie  2018

    ZEISS/SAJWV Intertak Ghongskietkompetisie 2018

    Die ZEISS/SAJWV Intertak Ghongskietkompetisie  is op 20 Oktober 2018 suksesvol aangebied deur die Duiker tak ongeveer 20km oos van Heidelberg. Read More
  • SAJWV Gallery Sporting Rifle skietkompetisie 2018

    SAJWV Gallery Sporting Rifle skietkompetisie 2018

    Die eerste SA Jagters Gallery Sporting Rifle skietkompetisie is op 13 Oktober 2018 aangebied deur die Riemland tak op die Riemland skietbaan Read More
  • LYNX/SAJWV Presidentskietkompetisie 2018

    LYNX/SAJWV Presidentskietkompetisie 2018

    Die Lynx Optics/SAJWV Presidentskietkompetisie is op 15 September 2018 baie suksesvol aangebied deur die Valschrivier tak op die Elandsrand skietbaan ongeveer 12 Read More
  • SA Jagters Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2018

    SA Jagters Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2018

    Die SA Jagters, nasionale Intertak Spanskietkompetisie het plaasgevind op Saterdag, 18 Augustus 2018 op die Meerkatgat skietbaan van die Vrystaat Sandveld tak Read More
  • Vuurwapenlisensies – waar staan sake?

    Vuurwapenlisensies – waar staan sake?

    Elsa Esterhuizen gesels met Fred Camphor van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging met oor die kwessie rondom vuurwapenlisensies, en waar sake nou Read More
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7

SA Jagters Gholfdag Junie 2017

SA Jagters het op Vrydag 9 Junie 2017 vir die eerste keer in die geskiedenis ‘n Gholfdag gehou. Hierdie dag is gehou met die uitsluitlike doel om geld in te samel vir die Regshulpfonds van SA Jagters. Op ‘n koue Vrydagoggend het 120 spelers om 11h30 tegelyk afgeslaan op die gholfbaan van Wingate Park Country Club in Pretoria.

Teen ongeveer 17h30 is die laaste houe geslaan waarna die spelers effens kon verfris voordat hulle die ete, prysuitdeling en veiling bygewoon het. Die dag en aand het hoogs suksesvol afgeloop en in totaal is R 212 000,00 met die gholfdag en veiling ingesamel vir die Regshulpfonds van SA Jagters.
Ons het ‘n groot verskeidenheid pryse geskenk gekry en ook ‘n groot reeks donasies van items wat opgeveil is. Die donasies vir die veiling het gewissel van ‘n jaggeweer, ‘n verskeidenheid goeie wyne, ‘n geslypte diamant tot ‘n aantal jagpakkette. Die donasies wat die grootste pryse op die veiling gelok het was:

  • ‘n 9,3 X 62 Mauser jaggeweer gebou op ‘n oorspronklike Mauser aksie wat opgeveil is vir R 25 000,00 wat geskenk is deur John Brussel van Brussel Gunstockmakers in Parow.
  • ‘n geslypte diamant van 0,79 karaat wat opgeveil is vir R 18 500,00 en wat geskenk is deur Theo de Koker en geslyp is deur Fred van Wyk, met die bemiddeling van SA Jagters se Diamanttak.
  • Die besonderse bydrae van Sandrivier 58; Swartland en Overberg Takke van SA Jagters wat ‘n groot aantal donasies van besonderse wyne en ander items gewerf het wat opgeveil is en wat insigself ook ‘n groot bydrae tot die inkomste van die dag gelewer het moet verseker ook genoem word.

SA Jagters wil graag ook by wyse van hierdie artikel in die SA Jagter ons hartlike dank oordra aan elkeen van die spelers wat ingeskryf en aan die dag deelgeneem het, alle donateurs wat pryse geskenk het en ook diegene wat items geskenk het wat opgeveil is. Sonder julle ondersteuning sou dit nie vir ons moontlik wees om van hierdie dag ‘n sukses te maak nie. Baie dankie daarvoor.

Die uitdaging gaan nou wees om volgende jaar beter te doen.

Rate this item
(0 votes)
  • Last modified on Thursday, 24 May 2018 09:20
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za