• LYNX/SAJWV Presidentskietkompetisie 2018

    LYNX/SAJWV Presidentskietkompetisie 2018

    Die Lynx Optics/SAJWV Presidentskietkompetisie is op 15 September 2018 baie suksesvol aangebied deur die Valschrivier tak op die Elandsrand skietbaan ongeveer 12 Read More
  • SA Jagters Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2018

    SA Jagters Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2018

    Die SA Jagters, nasionale Intertak Spanskietkompetisie het plaasgevind op Saterdag, 18 Augustus 2018 op die Meerkatgat skietbaan van die Vrystaat Sandveld tak Read More
  • Vuurwapenlisensies – waar staan sake?

    Vuurwapenlisensies – waar staan sake?

    Elsa Esterhuizen gesels met Fred Camphor van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging met oor die kwessie rondom vuurwapenlisensies, en waar sake nou Read More
  • Responsible hunting organisations denounce shooting of captive-bred lion

    Responsible hunting organisations denounce shooting of captive-bred lion

    There is increasing pressure on all forms of wildlife-based tourism and enterprises in the wildlife sector to become more sustainable and to Read More
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4

SA Jagters Ledewerwing by HuntEx 2017

SA Jagters het weer eens vanjaar by HuntEx Gauteng gehou te Gallagher Estate teen die einde van April ‘n spesiale poging aangewend om nuwe lede te werf en ons lidmaatskap uit te behou. Soortgelyke fokus is ook geplaas op die behou van bestaande lede en ‘n groot aantal lede het tydens hierdie geleentheid ook hulle lidmaatskap kom hernu en ledegeld betaal vir die volgende jaar.

SA Jagters word in hierdie proses wonderlik ondersteun deur borge wat vir ons buitengewone pryse skenk wat in hierdie poging om ons ledetal te groei aangewend word.

In 2017 het L+O die invoerder van Sauer, Mauser en Blaser Jaggewere ons weer eens buitengewoon sterk ondersteun in hierdie poging deur ‘n Sauer Model S 100 in .223 Rem Kaliber te skenk as ‘n prys wat in die proses uitgeloot kon word.

Op die meegaande foto word die geweer oorhandig deur Naude van Sandwyk aan die gelukkige wenner wie se naam uit die groep inskrywings getrek is.

 

Sarel Cilliers is ‘n lid van die Wesrand Tak van SA Jagters en Johann van de Giessen, SA Jagters se Bestuurder Jagsake kyk toe

Sarel baie geluk met jou pragtige nuwe Sauer Model S 100 in .223 Rem kaliber. Mag die geweer vir jou besondere waarde inhou en mag jy vir jare lank baie gelukkig en suksesvol daarmee jag.

Ons dra ook graag ons besondere dank oor aan L+O wat die geweer geskenk het vir hierdie doel. Sonder julle ondersteuning sou dit verseker nie vir ons moontlik wees om hierdie klas van diens aan lede van SA Jagters te lewer nie.

Vir die werwing van Junior lede het ons ‘n luggeweer ontvang van Formalito wat op presies dieselfde wyse aangewend is. Hier was die gelukkige Junior wenner Carlu Vos van Bela.

Carlu het aangesluit as Junior Lid by HuntEx Gauteng en hy wen ‘n CZ 200 S luggeweer ter waarde van R 10 000.00.

Ons dra graag ons dank oor aan Formalito wat SA Jagters ook op hierdie wyse bystaan om Junior lede te werf en hulle as ondersteuners van die Vereniging, jag en die skietsport groot te maak.

Rate this item
(0 votes)
  • Last modified on Thursday, 22 June 2017 07:38
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za